REGISTREER

REGISTRASIEPROSEDURE

  • U kan aanlyn by Moria registreer deur die onderstaande vorm te voltooi. E-pos u betaalbewys en die leerders se ID’s na moria@moriatuisskool.co.za.  
  • Registrasievorms moet jaarliks voltooi word. Geen boeke sal versend word voor Moria u voltooide registrasievorm en betaalbewys ontvang het nie. Dieselfde vorm word gebruik vir herregistrasies. Pryslys word jaarliks opgedateer.
  • As gevolg van eksamenadministrasie sal boeke nie versend word vanaf 15 September tot 27 Desember nie. Boekversendings vind plaas volgens reflektering van betalings op Moria-bankstate. Sodra u betaling by ons reflekteer, word die geld aangewend vir u boeke. Registreer dus so spoedig moontlik om daarvolgens gehelp te word wanneer boekversendings hervat.

ALLE KORRESPONDENSIE GESKIED PER E-POS!!

LEERDERS BESONDERHEDE:

Herregistrasie is wanneer ‘n kind die Moria-boeke van sy ouer broer of suster gebruik, of self ‘n vorige jaar herhaal. Die prys is minder as ‘n volledige, nuwe pakket. Hierdie prys vermeerder afhangende van die hoeveelheid nuwe boeke wat verouderde boeke moet vervang. Dit is die verantwoordelikheid van ouers wat herregistreer om so gou moontlik ‘n lys van hulle “ou boeke” se titels en ISBN nommers aan Moria te stuur. Ons sal kontroleer watter boeke verouderd is, en ‘n kwotasie uitwerk om hulle te vervang. Graad 1 Fase 1, is die eerste 10 weke van graad 1 en Fase 2 is die laaste 20 weke van graad 1.

KEUSEVAKKE

Graad 8 en 9, kies een ekstra vak.

  • Landbouwetenskap, Rekeningkunde, Bedryfsekonomie, Rekenaartegnologie, Toerisme, Tegniese tekeninge
  • Ekstra koste: Duits, Frans, Spaans, Portugees, Moderne Hebreeus en/of Grieks

AANLYN REGISTRASIEVORM: