V&A

Christelik, Afrikaans, Uitnemende Standaard

VRAE EN ANTWOORDE (V&A)

Mees algemene vrae en antwoorde

Weens onsekerheid van hoe u skoolwerk en Moria se sillabusse vergelyk, beveel ons aan dat u die hele jaar se boeke koop. Die ouer kan bepaal watter werk reeds voltooi is by die akademiese instansie waar die leerder vandaan kom en indien sekere werk nog nie behandel is nie, kan die Moria werk daar vervat word. 

Suid-Afrikaanse leerders is volgens wet skoolpligtig tussen ouderdomme 7 en 15 jaar. Die Suid-Afrikaanse Skolewet, (no. 84 van 1996) sê dat ouers wat hulle skoolpligtige kinders wil tuisonderwys, by hulle provinsiale onderwysdepartement aansoek moet doen. Die minderheid van die Suid-Afrikaanse tuisskoolouers registreer volgens dié wet, by die onderwysdepartement omdat daar soms onredelike eise en onwettige voorskrifte van die tuisskoolouers verwag word en dit wil voorkom asof daar doelbewuste pogings aangewend word om leerders tuisonderwys te ontsê. Ons beveel ouers aan om by die Pestalozzi Trust aan te sluit. https://pestalozzi.org/wie-is-ons/

Afbetaling is onderhewig aan ‘n 50% deposito van die pakketprys en uitstaande boeke word gelewer soos paaiemente betaal word. Afbetalings geskied oor ‘n maksimum tydperk van 3 maande, om te verhoed dat leerders te ver agter raak met die werk. Alle betalings moet afgehandel wees teen einde Junie.

Moria sillabusse omvat meer as “CAPS” in graad 1 – 9 om die leerders voor te berei vir die oorskakeling na die internasionale Cambridge-stelsel (graad 10 – 12). Ons bly by ons 3 kernwaardes van uitnemende standaard, Christelike beginsels en ‘n trots op ons Afrikaanse kultuur. 

Skole het gewoonlik nie ‘n probleem om ons kinders terug te neem nie, omdat ons standaard hoër is as die van die staatskole.

Vir die Moria-pryslys, volg die skakel:  …  Die Pryslys word jaarliks opdateer.

U kan aanlyn by Moria registreer deur die vorm in te vul by die volgende skakel:…… E-pos u betaalbewys en die leerders se ID’ na moria@moriatuisskool.co.za. Die registrasievorm kan ook afgelaai word by die skakel…… en ingevul word. E-pos die vorm, betaalbewys en die leerders se ID’s na moria@moriatuisskool.co.za. Registrasievorms moet jaarliks voltooi word. Geen boeke sal versend word voor Moria u voltooide regustrasievorm en betaalbeyws ontvang het nie. Dieselfde vorm word gebruik vir herregistrasies.

As gevolg van eksamenadministrasie sal boeke nie versend word vanaf 15 September tot 27 Desember nie. Boekversendings vind plaas volgens reflektering van betalings op Moria-bankstate. Sodra u betaling by ons reflekteer, word die geld aangewend vir u boeke. Registreer dus so spoedig moontlik om daarvolgens gehelp te word wanneer boekversendings hervat.

Pryse

Registrasieprosedure

Ouers met geen onderwyservaring hoef niks by Moria Tuisskoolmateriaal te vrees nie. Vir die Grondslagfase word onderrighulpmiddels saam met die boeke verskaf soos klei, geometriese vorms en kunsapparaat. Kinders word aangespoor om nuwe kennis en vaardighede self te ontdek deur uitstappies te onderneem en verrykende nalees te doen. Vir Fisiese Wetenskappe word minichemie en -fisika laboratoriumstelle, wat spesiaal vir die leerplan gepak is, addisioneel aangebied. Jaarbeplanners word aan ouers verskaf om ‘n tydlyn voor te stel om seker te maak die leerders vorder teen die regte tempo. Antwoordgidse word ook voorsien om te verseker dat leerders die werk korrek bemeester. Vir enige vrae of onsekerheid oor inhoud van die werk, is Moria-personeel net ‘n oproep of ‘n e-pos ver. Praktyk het geleer dat tuisonderwysouers met geen onderwyservaring of -kwalifikasie geensins swakker gevaar het as gekwalifiseerder onderwysers nie. 

Dit kan oorweldigend wees, maar ook baie opwindend! Moria is hier om elke tree saam met jou te stap.

  1. Om op die kurrikulum te besluit wat jy gaan gebruik, gaan een van die belangrikste keuses wees wat jy gaan moet maak, aangesien jou kind se opvoeding direk hierdeur geraak word. Maak seker waarop die kurrikulum gebasseer is en watter beginsels dit aanhang. Vir meer ingligting oor die oorsprong van ons materiaal en hoe dit aangebied word, volg gerus die skakel: https://moriatuisskool.co.za/wat-bied-moria/
  2. Bestel jou materiaal. Hier is ‘n vinnige skakel om aanlyn jou pakket aan te koop: https://moriatuisskool.co.za/registrasie-prosedure/
  3. Rig ‘n doelgerigte werkspasie in. Jy wil steeds “werk” en “fokus” van jou sosiale en alledaagse lewe skei. Navorsing het bewys dat die brein geneig is om beter te fokus in spesifieke omstandighede. Loer hier vir lekker wenke:  https://www.psychologytoday.com/za/blog/people-places-and-things/202203/neuroscience-based-home-office-design
  4. Rig ‘n roetine riglyn in wat julle weekliks kan volg. Elke dag hoef nie presies dieselfde te lyk nie, maar jy behoort ‘n ritme te ontwikkel om te sorg dat jy by elke aspek van opvoeding uitkom. Beplan jou skooljaar op jou kalender om aftye en fokustye te blok. Onthou: beplanning verminder spanning! Jou kind moet uiteraard na ‘n spesifieke doelwit toe werk, maak hom/haar deel hiervan deur in elke vakgebied saam oor die einddoel te besluit. Julle kan bv. stappe afbaken om dit betyds te behaal, om te verseker julle raak nie agter nie. Onthou: leerwerk gebeur nie net agter die boeke nie. Gaan uit, besoek ‘n museum of loop in die natuur. Maak elke avontuur ‘n leeruur!
  5. Maak van “skool” ‘n gesinsaktiwiteit. Bv. wanneer daar kosgemaak word, gebruik die geleentheid om hotel- en spysenieringskennis op te doen. Ander kere kan die kinders saam met pappa of oupa houtwerk doen as deel van die dag se “skool”. Met tuisskool is die geleenthede sonder einde!
  6. Dit neem ‘n gemeenskap om kinders groot te kry. Maak seker jy skaar jou by eensgesinde ouers sodat jou kinders ook met ander maats in aanraking kan kom.
  7. ‘n Nuwe fase verg baie genade. Probeer om rustig en stappie-vir-stappie in die nuwe lewenswyse in te groei.
  8. Vir enige raad of inligting kontak Moria. Ons kontakbesonderhede is by hierdie skakel beskikbaar: https://moriatuisskool.co.za/#kontak

Geen kurrikulumverskaffer kan by die Onderwysdepartement registreer nie. Tuisskoolinstasies het die reg om ‘n vrye keuse van leerplan uit te oefen solank dit aan die minimum vereistes van die Onderwysdepartement voldoen. Verder het die Departement geen jurisdiksie oor die leerplanne nie, behalwe in die VOO-fase van graad 10 tot 12 as die NSS-eksamens geskryf word. Registrasie by die Departement is slegs geldig van graad 10-12 ter wille van hulle matriekeksamen. Skakel die Pestalozzi Trust wat regshulp verleen aan tuisonderwysouers. https://pestalozzi.org/