
WIE IS MORIA
Sommiges noem dit tuisonderwys, tuisonderrig, tuisskool, afstandsonderrig, “home schooling” of huisskool. Ongeag wat dit genoem word, alles dui op ‘n diens wat Moria Tuisskoolmateriaal voorsien.
Moria Tuisskoolmateriaal verskaf onderrigmateriaal vir tuisonderwys van graad R tot graad 9 in Afrikaans asook Cambridge IGCSE, AS- en A-levels (grade 10 tot 12). Moria is ontwikkel deur ‘n span van dertig verskillende vakspesialiste wat vakadviseurs, professore en senior vakonderwysers insluit. Moria bestaan al vir 25 jaar.
MORIA beteken: deur die Here voorsien.
VISIE VAN MORIA
‘n Afrikanervolk wat hul kinders tot eer van God Drie-enig, op ‘n uitnemende akademiese standaard onderrig.
UITNEMENDE AKADEMIESE STANDAARD
Moria beywer hom om materiaal van uitnemende akademies standaard te voorsien, wat ook deur enige gemiddelde leerder, wat bereid is om hard te werk, bemeester kan word.
CHRISTELIK
Moria-materiaal is daarop gerig om ons leerders na gees, siel en liggaam te ontwikkel. Die Christelike aard beteken dat niks geleer word wat strydig is met die Bybel en Christelike geloof nie.
AFRIKAANS
Suiwer Afrikaans is vir Moria ‘n hoë prioriteit en daarom bemark ons slegs Afrikaanse tuisskoolmateriaal tot graad 9, daarna volg die Cambridge Engelse stelsel.
WAAR HET MORIA BEGIN
November 1991 – ‘n vriendin nooi my, Helena de Villiers, om saam te ry om haar gestremde kind by ‘n spesiale skool te gaan haal. Met onderwys in my are en self moeder van ‘n Downsindroomdogtertjie, vra ek of ek die klasse mag besoek. In die eerste klassie sit daar ‘n Downsie. Terwyl hy blokkies inmekaar probeer druk, loop die kwyl uit sy mondjie en daar is nie ‘n helpende hand nie. My hart ruk. Is dit my Raldi se toekoms? Die koshuisbadkamer is ‘n verdere skok – sementvloere en mure sonder teëls. Geen warm huisgevoel nie. Toe ons ry weet ek een ding verseker: dit sal verraad wees om Raldi in so plek te plaas.
WAT BIED MORIA
Oorsprong van ons materiaal
Die ontwikkeling van die materiaal wat Moria bemark, het in 1996 begin. Die vakinhoude en onderwysbeleid van die staatskole het begin verander
Vakke en leerareas
Vir graad R tot graad 9 word al die voorgeskrewe verpligte leerareas aangebied. Dit sluit die volgende vakke in:
Hulpmiddels
Vir die Grondslagfase word onderrighulpmiddels saam met die boeke verskaf.
Evaluering en eksamens
Grade 1 tot 9 se kwartaalikse evaluering is die ouers se verantwoordelikheid en verskillende evalueringstegnieke kan gebruik word, byvoorbeeld:
Ouers & Leerders
WAT SÊ MORIA-OUERS & -LEERDERS
