PRYSE

Christelik, Afrikaans, Uitnemende Standaard

Volledige Pakket

Die Volledige Pakket sluit alle voorgeskrewe handboeke, werkboeke asook addisionele opvoedkundige hulpmiddels vir daardie spesifieke graad ins. Dit word eenmalig betaal, en die hele jaar se werk word gelewer. Ouers skaf self skyfbehoeftes aan.

Weerleer Pakket

Die Weerleer Pakket is ‘n pakket wat vir die tweede keer gebruik word deur dieselfde leerder of ‘n jonger broer of suster.

Dit sluit die volgende in:

  • vir graad R-7: al die werkboeke waarin die leerders skryf
  • vir graad 8-9: indien die keusevakke verander, word een keusevak by die bedrag ingesluit. Indien beide keusevakke verander, sal die tweede vak afsonderlike gefaktureer word.
  • onlangs opgedateerde boeke. Dit is die verantwoordelikheid van ouers om so gou moontlik ‘n lys van hulle “ou boeke” se titels en ISBN nommers aan Moria te stuur.

Beginstap, Middelstap en Laastestap Pakket

Die Beginstap, Middelstap en Laastestap Pakket is vir ouers wat die jaar se boeke oor 3 paaiemente wil afbetaal. Die jaar se werk word in 3 verdeel.

  • Wanneer die Beginstap pakket bestel word, word slegs ‘n derde van die jaar se boeke gelewer. (Nie per kwartaal nie.)
  • Die Middelstap pakket is ‘n tweede derde van die jaar se boeke.
  • Die Laastestap pakket is ‘n laaste derde van die jaar se boeke.

Die vakke word nie opgedeel in derdes nie. Wanneer ‘n derde van die boeke versend word, is dit ‘n derde van die volledige pakket, nie per kwartaal nie.

Die drie stap-pakkette moet in drie opeenvolgende maande bestel en betaal word, deur die Registrasieproses op die webtuiste te volg vir elke Stap-bestelling. Die leerder sal slegs gereed wees vir eksamen indien die Beginstap-, Middelstap- EN Laastestap se boeke aangeskaf en deurgewerk is. Die Laastestap Pakket word op die laatste teen Julie aangeskaf sodat daar genoeg tyd gelaat word om deur die laaste derde van die werk te kom voor die eksamen.

Eksamen Registrasie

Die Eksamen Registrasie is vir die November eindjaar eksamen wat ekstern, deur Moria, afgelê word. Hierdie eksamen is verpligtend en sluit die vakke in soos uiteengesit by “Eksamens”. Eksamen registrasies vind in Augustus plaas.

Algemeen

Kwotasies is geldig slegs vir 30 dae.

Pryse is onderhewig aan onmiddellike verandering en solank voorraad hou.

Pryse ook geldig vir lande buite Suid-Afrika, uitsluitend die administrasiefooi.

Jaarlikse prysverhouding einde Oktober.

Kansellasie-beleid

Geen produk (boeke ens.) wat by Moria aangekoop en van Moria ontvang is, mag teruggestuur word nie. Moria koop dus nie gelewerde produkte terug nie en doen nie terugbetalings (“refund”) nie. Indien Moria ‘n bestelling foutief gelewer het, of ‘n item ‘n fabrieksfout het, moet u skriftelik van Moria magtiging kry om dit op eie koste terug te stuur. U sal ook verplig wees om, die betrokke items binne 10 dae, na die datum waarop Moria die foutiewe items aan u versend het en in dieselfde toestand as waarin dit ontvang is (nuut), aan Moria terug te stuur. Die foutiewe produk sal vervang word. In die uitsonderlike geval waar Moria skriftelik ooreenkom om enige gelde aan u terug te betaal (om watter rede ookal), sal terugbetaling eers geskied nadat skadeberekening gedoen is en die boeke, wat wel in ‘n perfekte toestand terug ontvang is, weer as nuut verkoop kon word. ‘n Addisionele 10% hanteringsfooie sal bygereken word.

Lojaliteitsbonus

Ouers het die geleentheid om aan die einde van elke jaar R800 te spaar.

Indien die volledige stel Moria-boeke van die afgelope jaar aan Moria teruggestuur word én daardie leerder vir die volgende jaar by Moria registreer, sal ‘n R800-afslagbonus van toepassing wees.

Terme en voorwaardes:

  • Bewaar die faktuur by ontvangs van die boeke
  • Die afslag is slegs van toepassing:
    • vir pakkette wat volledig, soos aangedui op die faktuur, teruggestuur word.
    • ‘n kopie van die faktuur waarop die boeke afgemerk is, moet saam gestuur word.
    • vir boeke wat voor 31 Januarie deur Moria terug ontvang word.
    • indien die leerder weer vir die volgende jaar by Moria registreer is.
    • op volledige grade. In die geval van die STAP-pakette, word al drie die STAP-pakette se inhoud vereis, om ‘n graad volledig op te maak en dus vir die bonus te kwalifiseer.
  • Die afslag is NIE van toepassing op Winterkorting-kliënte
  • Pakkette word gestuur na Stormvoël Courier Guy Locker, Pretoria.
  • Die R800-bonus sal as ‘n krediet op die kliënt se rekening reflekteer.
  • Geen kontant uitbetalings.