REGISTRASIEPROSEDURE
- U kan aanlyn by Moria registreer deur die onderstaande vorm te voltooi. E-pos u betaalbewys en die leerders se ID’s na moria@moriatuisskool.co.za.
- Registrasievorms moet jaarliks voltooi word. Geen boeke sal versend word voor Moria u voltooide registrasievorm en betaalbewys ontvang het nie.
- As gevolg van eksamenadministrasie sal boeke nie versend word vanaf 15 September tot 27 Desember nie. Boekversendings vind plaas volgens reflektering van betalings op Moria-bankstate. Sodra u betaling by ons reflekteer, word die geld aangewend vir u boeke. Registreer dus so spoedig moontlik om daarvolgens gehelp te word wanneer boekversendings hervat.
KEUSEVAKKE
Graad 8 en 9, kies een ekstra vak.
- Landboubestuur, Rekeningkunde, Bedryfsekonomie, Toerisme, Tegniese tekeninge
- Ekstra koste: Duits, Frans, Moderne Hebreeus
BANKBESONDERHEDE
Bank: ABSA, Tjekrekening
Rekeningnommer: 0104 1410 244
SWIFT Nommer: ABSA ZAJJ
Verwysing: VAN en GRADE van inskrywing
