Sommiges noem dit tuisonderwys, tuisonderrig, tuisskool, afstandsonderrig, home schooling, huisskool ensovoorts. Dit maak nie saak nie, dit wys alles heen na die spesialiteit van Moria Tuisskoolmateriaal.
A. MATRIEKSTELSEL
Moria het na vele oorweging en deeglike navorsing besluit om ons stelsel te rig op die Cambridge matriekkwalifikasie. Enkele van die vele voordele is soos volg:
1. Moria het steeds 'n Christelike Afrikaner grondslag, in Afrikaans, vir grade R tot 10.
2. Cambridge matriekkwalifikasie word oral in die RSA en wêreldwyd erken!
3. Cambridge vakinhoude is op standaard, gemeet aan die meeste ontwikkelde lande.
4. Kandidate kry die gulde geleentheid om vaardig te raak in Engels, voor hy die
oorwegend Engelse buitewêreld naskool aandurf !
B. Moria verdun nie ons aanbieding, standaard of beginsels ter wille van die akkommodering van ander groepe nie.
C. KOSTEBESPARING!!!
Ouers hoef nie vir elke kind elke jaar 'n stel nuwe boeke aan tekoop nie. Jonger kinders moet net her-registreer vir 'n beperkte bedraggie en gebruik dan eenvoudig ouer kinders se boeke.
D. Geniet gerus ons YOUTUBE-aanbieding onder aan hierdie bladsy! Klik op die swart/rooi blokkie met die wit pyltjie onder die opskriffie "ONS OP YOUTUBE".